Xhosas

Xhosas

Nelson MandelaThabo MbekiDesmond TutuSteve Biko
Totale bevolking: 8 104 752 (2011-sensus)
Belangrike bevolkings  in: 2001-skattings:

Oos-Kaap: 5 092 152
Wes-Kaap: 1 403 233
Gauteng: 796 841
Vrystaat: 201 145
KwaZulu-Natal: 340 832

Taal: Xhosa (baie praat ook Zoeloe, Engels en/of Afrikaans)
Geloofsoortuiging: Christene, Tradisionele Afrika-godsdiens
Verwante etniese groepe: Nguni-stam, Basotho, Zoeloes, Khoisan

Die Xhosas (Xhosa: amaXhosa [kǁʰɔ́ːsa] ) is 'n etniese groep van Suid-Afrika wat die Xhosataal praat en histories in die landelike Oos-Kaap[1] woon, maar nou ook elders in Suid-Afrika, veral in Gauteng en die Wes-Kaap.

Xhosavroue in tradisionele drag.

Die Xhosas word verdeel in 'n aantal subgroepe met verwante, maar afsonderlike erfenisse. Die hoof subgroepe is die Bhaca, Bomvana, Hlubi, Mfengu, Mpondo, Mpondomise, Xesibe, en Thembu.[2] Daar word gemeen dat die naam "Xhosa" afkomstig is van 'n legendariese leier genaamd uXhosa. Daar is ook 'n teorie dat die woord xhosa afkomstig is van 'n woord in 'n Khoikhoi of San taal wat "kwaai" of "kwaad" beteken. Die Xhosas verwys na hulleself as amaXhosa en na hulle taal as isiXhosa.

Tans is daar ongeveer 8 miljoen Xhosas wat oor Suid-Afrika versprei is en Xhosa is Suid-Afrika se tweede mees algemene huistaal, naas Zoeloe, waaraan Xhosa nou verwant is. Voor 1994 is Xhosas soos ander swart bevolkingsgroepe in Suid-Afrika onder die Apartheidstelsel van hulle burgerskap ontneem en was hulle veronderstel om in die Transkei en Ciskei tuislande (nou beide deel van die Oos-Kaapprovinsie) selfbeskikking te bereik. Baie Xhosas woon vandag in Kaapstad, Oos-Londen en Port Elizabeth.

Teen 2003 het die meerderheid Xhosasprekers, ongeveer 5,3 miljoen, steeds in die Oos-Kaap gebly, gevolg deur die Wes-Kaap (ongeveer 1 miljoen), Gauteng (671 045), die Vrystaat (246 192), KwaZulu-Natal (219 826), Noordwes (214 461), Mpumalanga (46 553), die Noord-Kaap (51 228) en Limpopo (14 225).[3]

  1. Rural Health Initiative South Africa[dooie skakel], Xhosa History and Society Geargiveer 5 Oktober 2006 op Wayback Machine, besoek op 17 November 2007
  2. Countries and their Cultures, Xhosa, besoek op 17 November 2007
  3. southafrica.info Geargiveer 3 Januarie 2013 op Wayback Machine, South Africa grows to 44.8-million Geargiveer 22 Mei 2005 op Wayback Machine, URL besoek op 17 November 2007

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search